Mary Mallon

Mary Mallon, bekend as Tifoīde Mary, 1909

Mary Mallon (23 September 1869 - 11 November 1938), ook bekend as Tifoīde Mary, was 'n Ierse kok wat vermoedelik 51 mense besmet het, waarvan drie aan tifoīde- of ingewandskoors dood is. Sy was die eerste persoon in die Verenigde State wat as 'n asimptomatiese draer van die siekte geïdentifiseer is. Omdat sy aangehou het om as kok te werk, waardeur sy ander aan die siekte blootgestel het, is sy twee keer met mag deur die owerhede geïsoleer, en is sy na ongeveer drie dekades in isolasie oorlede.[1][2]

  1. The Gospel of Germs: Men, Women, and the Microbe in American Life, ISBN 0674357086
  2. Typhoid Mary: An Urban Historical, ISBN 160819518X

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy